Friday 11 March 2011

Erasmus Familie

Dit was 'n heerlike koel, bewolkte middag in Upington toe ek uiteindelik die Erasmus familie afgeneem het. Ek en Rykie sukkel seker al jaar om 'n afspraak vasgemaak te kry wat almal se besige skedules pas!  Ons het lekker met hulle bakkie tussen die gate en "greens" van  Upington se mooi golfbaan rond gery, en kort-kort gestop vir 'n foto.  Hulle wou graag foto's op die alombekende rooiduine van die Kalahari he, maar omdat dit al so baie gereen het hierdie seisoen, was daar nie 'n rooi sandkorrel in sig nie - die duine was oortrek met grasgroen suurgras.  Tamar (Rykie se dogter) was vol idees oor hoe om te poseer vir die kamera, en ek het gespot en gese dat ek haar wil saamvat troues toe om vir my en die bruide idees te gee as ons "poses" op raak!

















No comments:

Post a Comment