Monday 7 March 2011

'n Warm welkom op my blad!

Baie hartlik welkom op my nuwe blog! Dankie dat jy 'n tydjie afgeknyp het om te kom kuier, ek hoop om jou nog baie hier rond te sien.  :)  Na 'n hele paar maande van uitstel, kon ek dit die afgelope week regkry om tussen deur editing my blog te ontwerp!  Ek moes partykeer hard op my tande kners a.g.v die stadige internet op die plaas, maar ek is uiteindelik klaar.

Ek is ek is vreeslik ogewonde om 2011 se pragtige troues met julle te deel, maar voor dan wou ek eers spog met foto's van my Kalahari tuiste!  Ek hoop om in die toekoms nog baie Kalahari foto's op my blog te sit.

Hierdie foto's het ek omtrent twee weke gelede geneem, toe die weer een middag ewe skielik op gesteek het.  Ek kon net nie versoeking weerstaan om my nuwe kamera te gryp en die wind en sand te trotseer nie. Hierdie is die heel eerste "amptelike" foto's wat ek met my nuwe Canon 5D Mark II geneem het. Ek kon net die paar foto's neem voordat die weer my met deurmekaar hare terug huistoe gejaag het! 






























No comments:

Post a Comment