Friday 15 April 2011

Anien & Merwe - 26 Maart 2011

Ek en Barri het die pad Hartswater toe aangedurf, om hierdie twee goeie vriende van ons se troue te gaan bywoon.  Nadat ons 'n paar keer oppad soontoe verdwaal het  (ek het besluit om vir Barri 'n GPS vir Kersfees te gee ) :) het ons uiteindelik laat Vrydagaand gearriveer, en die aand in Christiana deurgebring.  Merwe en Barri was woonstelmaats in Bloemfontein in hul studentedae.  Dit was so lekker om alle ou vriende weer te sien!  Die naweek het omtrent soos 'n kort vakansie gevoel.  Anien, 'n regte boeremeisie, was 'n stralende rustige bruid, met die mooiste groen oe!  Barri wat my assistent vir die dag was, moes sorg dat Merwe heeltyd vir die kamera glimlag!  Merwe se tweelingbroer James het ook gesorg vir 'n paar skreeusnaakse oomblikke tydens die fotosessie! Voor ons ons oe kon uitvee was die aand verby, en was ons oppad terug huistoe na 'n heerlike plaastroue.



















































































No comments:

Post a Comment