Thursday 7 April 2011

Mari & Martin - 19 Maart 2011

Mari & Martin se glanstroue het plaasgevind by Naftali Wynlandgoed, net buite Upington.  Mari, oorspronklik 'n plaasnooientjie uit die diep Kalahari, het haar hart verloor op die boer van Vredenburg.  Martin wat 'n melkboerdery het asook boer met koring, bees, skaap en volstruise (sjoe 'n mondvol!) het vir Mari die ja-woord gevra deur om in een van sy lande die woorde MARI TROU MET MY te ploeg!  Hy het haar toe in die lug op gevat met 'n vliegtuig sodat sy die groot woorde uit die lug kon sien. Hoe romanties!  Die woestynrosie is deurgaans hul troue baie prominent gebruik.  Dit is simbolies aan hul liefde in die sin dat Mari Marin se roos uit die (Kalahari) woestyn is, en enige plek sal groei waar dit (sy) geplant word.  Dit was baie lekker om hierdie verliefde paartjie se troue  af te neem, hulle is absoluut mal oor mekaar!









































































































No comments:

Post a Comment