About Me

Ek het 'n paar maande gelede die groen oewers van die Oranje verruil vir die rooisand en duine van die diep Kalahari.  Ek is nou voltyds boervrou, en 'n "naweek-fotograaf"! 

Ek het in Stellenbosch 'n fotografie en grafiese ontwerp kursus voltooi, waarna ek in Kaapstad 'n 3D animasie kursus voltooi het.  Daarna het ek myself in Upington (my tuisdorp) kom vestig en vir 2 jaar as grafiese ontwerper gewerk.  Ek het in my spaar tyd, en naweke foto's geneem, totdat dit my op 'n punt so besig begin hou het, dat ek besluit het om voltyds foto's te neem!

As troufotograaf is dit vir my heerlik om so nou betrokke te wees by twee mense se belangrikste dag in hul lewens.  Jy is deel van al die emosie op die dag, en letterlik die enigste persoon wat die heel dag aan die bruid se sy is.  Ek het 'n baie gemaklike styl van foto's neem - natuurlike liefde en geluk maak die mooiste foto's! 

Ek sal graag eendag in die toekoms 'n fotoboek oor die Kalahari en sy mense wil uit bring - so "watch this space"!

Ek hoop om sommer baie van julle en julle kommentaar op my blog te sien!

Warm Kalahari groete!