Kalahari Honey

So baie mense vra vir my waar my besigheid se naam, Kalahari Honey, vandaan kom-  wel, kom ek verduidelik!  Ek het in die verlede onder die naam "Petra du Toit Photography" gewerk, en toe ek verlede jaar getroud is het ek besluit dat ek graag onder my nuwe van (Knoetze) sal wil werk.  Dis 'n groot risiko om jou besigheid se naam sommer net so te verander, maar ek het gereken, hoe gouer ek die verandering maak hoe beter! Ek wou ook graag die "Kalahari element" inbring, aangesien dit nou die basis gaan wees waarvan af ek gaan werk. 

Ek het my man (Barri) gevra om my asb te help dink aan 'n oulike naam, en hy het toe eintlik met die naam "Kalahari Honey" opgekom!  Nee, dit het niks met heuning uit te waai nie! :) Ek weet nie wie van julle al die ou fliek Kalahari Harry gekyk het of daarvan gehoor het nie, maar ons het my toe vernoem na die "vroulike" weergawe van Kalahari Harry (Kalahari Honey)!  "Honey" is ook 'n meer Amerikaanse term vir 'n jong meisie of 'n vrou.  Ek werk nou onder Petra Knoetze Photography - Kalahari Honey.  Baie dankie vir Zena Martin wat my logo ontwerp het!


KALAHARI HARRY
“Kalahari Harry is a noble story of the plight of the Kalahari bushman in their struggle for land and survival. A rich Johannesburg business man Mr. Kowalski is sent to the Northern Cape (home of the indigenous bushman), to asses the potential of building a state-of-the-art casino. Kalahari Harry, a member of the local Bushman tribe is decidedly opposed to this corporate move and sets into motion a series of ingenious plans to prevent this from happening.
This hugely popular film is arguably the most original comedy and action picture ever to be shot on location in the Kalahari. Breathtakingly spectacular cinematography, this film is a must for every movie lover. Directed by legendary South African veteran filmmaker Dirk de Villiers, the film boasts a stunning cast of major South African actors, and includes the likes of
Ian Roberts, Bill Flynn, Cassandra Holiday, Eric Knobbs, Gys de Villiers, Danny Keogh, and Patrick Ndlovu.
When it´s time for action, romance and side-splitting laughter then it´s time for Kalahari Harry! ” –
take2

Kalahari Harry - Trailer