Wednesday 20 April 2011

Mia & Jaco - 2 April 2011

Mia & Jaco het 'n intieme oggendtroue by Naba Lodge gehou.  Ek het vroeg die oggend vir Jaco gaan afneem - die opgewondenheid en intensiteit was tasbaar in die lug!  Hy het my ingewag met die mooiste musiek wat sy huis vul.  Daarna was dit Mia se beurt.  Mia wat oor die algemeen 'n sagtheid en rustigheid oor haar het, het nie eers geskrik toe die hakie van haar rok afbreek nie! Gelukkig was dit 'n vals alarm, en die regte hakie het nog daar gesit. :)  Die troue se kleurtema het 'n spesifieke simboliese betekenis gehad, om net 'n paar te noem:  WIT - heilig/rein/geloof, GROEN - nuwe lewe/vrede/voorspoed, SILWER - redding/lof/aanbidding.  Ons het besluit om nie direk na die onthaal die foto's te neem nie, aangesien dit nog verskriklik warm was!  Die perfekte dag is afgesluit met 'n perfekte fotosessie, wat die begin van 'n perfekte huwelik is!










































1 comment: