Wednesday 15 February 2012

R359 na Kakamas vir WEG-tydskrif






Omtrent 2 maande gelede het ek 'n oproep van WEG-tydskrif ontvang, waarin daar aan my verduidelik is dat Kakamas die dorp van die maand in die Maart-uitgawe van WEG gaan wees en dat hulle 'n paar foto's benodig vir die artikel.  Die 28ste Desember het ek en Barri toe die uitstappie na Kakamas op die R359 aangepak, en dit was werklik iets besonders!  Die kontras tussen die vaal droe vlaktes teenoor die lowergroen wingerd teen die rivier het omtrent my asem weggeslaan.  Die Maart-uitgawe het pas verskyn, en daar is 'n paar van my foto's in!  Hier is egter nog 'n paar van my gunsteling - ek dink ons kan trots wees op ons pragtige omgewing waarin ons woon!




















































No comments:

Post a Comment