Tuesday 5 April 2011

Mia & Francois - 20 Maart 2011

Mia en Francois is altwee oorspronklik van Upington en was hier op skool, maar hulle woon deesdae in Durbanville.  Mia het my laat weet dat hulle Upington toe kom vir 'n troue, en dat sy  graag foto's van haar en Francois en hul "baba" Luca wil laat neem!  Groot was my verbasing toe ek by hulle plaashuis tussen Upington en Keimoes opdaag, en sien dat Mia die oulikste bykomstighede het vir die sessie.  Sy en Francois het verskriklik baie moeite gedoen vir die foto's, Francois het vroeer die middag spesiaal die wa onder die boom gaan trek en die vlaggies (wat Mia en haar sussie gemaak het) aan die takke gaan ophang.  Dit was 'n heerlike middag en ons het tussen die foto's deur aan die piekniek mandjie gepeusel wat Mia ingepak het.  Mia en Francois was gister presies 3 jaar getroud - baie geluk julle!
































No comments:

Post a Comment